ONDERSTEUN
Plaashuis
'n Kortfilm oor twee vroue wat 'n plaasmoordtoneel skoonmaak
met Martelize Kolver, Nicola Hanekom & Albert Pretorius
Bankoorbetaling:
Rekening naam: Plaas Kortfilm
Bank: ABSA Spaarrekening
Rekening nommer: 9340 2391 38
Takkode: 632005
Verwysing: U selnommer
R176 500
tot op hede ingesamel, met 'n mikpunt van R208 200
Ons Missie
Om geld in te samel vir 'n fiktiewe kortfilm wat fokus op wat ná 'n plaasmoord gebeur en die verantwoordelikhede wat dit oproep
In plaas daarvan om hierdie onderwerp te verpolitiseer, antwoorde te bied of vermaak te skep uit ander se werklike pyn en lyding, wil ons eerder elke gehoorlid vra: “Wat dink jý hiervan, wat is jóú posisie, wat beteken dit vir jóú?”
Wie Is Ons
Akteurs en Filmspan

Martelize
Kolver
"Elize"

Nicola
Hanekom
"Ronelle"

Albert
Pretorius
"Thys"

Dian
Weys
Skrywer en Regisseur
Maak 'n Donasie
Ons mikpunt is om die begroting deur middel van skarebefondsing in te samel
Bankoorbetaling:
Rekening naam: Plaas Kortfilm
Bank: ABSA Spaarrekening
Rekening nommer: 9340 2391 38
Takkode: 632005
Verwysing: U selnommer
of
_edited.jpg)
Chris
Lotz
Kinematograaf

Le Roux
Fourie
Vervaardiger

Mandelise van
Loggerenberg
Vervaardiger
Bathoni
Robinson
Produksieontwerper

Charlene
Goliath Green
Kostumier, grimeer-
en haarkunstenaar

Bianca
Bothma
Redigeerder
R208 200
Die vervaardiging van die kortfilm word uitsluitlik deur donasies gefinansier.
Daar is geen minimum bedrag nie - enige donasie is welkom!
Indien die minimum mylpaal van R150 000 nie ingesamel word nie,
sal alle donasies terugbetaal word.
FAQ
Vrae wat dikwels gevra word
Hoe werk hierdie projek?
Hierdie projek het ten doel om 'n kortfilm te finansier deur die gebruik van 'n skarebefondsings-platform. Die befondsing van die kortfilm maak dus ten volle op donasies van die algemene publiek staat. Bydraes kan deur middel van 'n bankoorbetaling of aanlynbetalings (debiet-/kredietkaart, Snapscan of Zapper) gemaak word.
Die eerste mylpaal is om R150 000 in te samel, want dan sal die basiese produskieonkostes gedek kan word. Indien hierdie mylpaal nie gehaal word nie, sal alle donasies terugbetaal word (ons sal u kontak en u bankbesonderhede versoek). Indien R208 200 ingesamel word, sal die filmspan vergoed word en die post-produskieonkostes sal ook gedek kan word.
Hoe maak ek 'n bydrae?
Betalings kan deur middel van debiet-/kredietkaart, Snapscan of Zapper aanlyn gemaak word. Kliek hier om 'n aanlynbetaling te maak.
Oorbetalings direk in Plaashuis se bankrekening gemaak word:
Rekening naam: Plaas Kortfilm
Bank: ABSA Spaarrekening
Rekening nommer: 9340 2391 38
Takkode: 632005
Verwysing: U selnommer
Wat is die minimum bedrag wat ek kan gee?
Daar is geen minimum bedrag nie. Elke donasie word waardeer en elke bietjie tel.
Hoe sal die geld bestee word?
Die geld, wat ingevorder word, sal vir die vervaardiging van die kortfilm gebruik word. Dit sluit die volgende uitgawes in:
-
die salarisse van die akteurs en filmspan
-
die produksie-ontwerp
-
die huur van kamera-, klank- en beligtingstoerusting
-
die huur van die perseel
-
vervoer na die plaas
-
verblyf en etes vir die skietperiode van drie dae
-
video- en klankredigering
-
versekeringskoste
-
BTW
Die regisseur en vervaardigers sal geen vergoeding ontvang nie. Die res van die span sal wel vir hul onderskeie talente en dienste vergoed word, veral omdat die koronavirus 'n groot impak op die kunsbedryf, nes ander industrieë, gehad het.
Wat gebeur in die kortfilm?
Plaashuis vertel die verhaal van Elize, ’n middeljarige vrou wat aan die inwoners van haar dorp skoonmaakdienste verskaf. Sy ontvang ’n oproep van Thys wat vertel dat sy buurman en gesin op hul plaas aangeval is en hy vra of Elize die huis sal skoonmaak. Hierdie is die eerste keer wat Elize só ‘n versoek ontvang en sy vra haar vriendin, Ronelle, om te help. Gedurende die skoonmaakproses word die twee vroue nie net met die stille getuienis van ‘n plaasmoord gekonfronteer nie, maar ook met wat dit werklik beteken om verantwoordelikheid vir hul medemens te neem.